ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die hoofweg is vir verkeer gesluit nadat ʼn taxi tussen twee vragmotors vasgedruk is. Een persoon in die taxi het aan sy beserings beswyk terwyl vyf insittendes in ʼn kritieke toestand was en met meganiese toerusting uit die wrak bevry is. Een van die beseerde persone is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Een dood, 29 beseer in ongeluk op N2
Een persoon is dood en 29 mense is Woensdag beseer in ʼn botsing op die N2 tussen die Spaghetti-wissellaar en Wandsbeckweg in Durban.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.