Lede van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Donderdag by ʼn diensteleweringoptog van inwoners van Mooiplaas, in die weste van Pretoria, aangesluit en van Marabastad tot by die Uniegebou gestap terwyl hulle liedere gesing het wat die party se leier, Julius Malema, prys. Die organiseerders van die optog, asook die oorspronklike deelnemers, is nie almal ondersteuners van dié party nie.
Lede van die party was geklee in die EFF se rooi hemde en rooi barette terwyl hulle saamgestap en Malema se lof besing het. “Re suteleng re ya ya, Malema o e tla (Verandering is aan die kom, Malema is aan die kom),” het hulle gesing.
Sommige betogers het plakkate rondgeswaai wat sê: “Juju my bevelvoerder al die pad”. Ander het vuvuzelas geblaas.
Optoggangers het by die Uniegebou ʼn memorandum aan ʼn lid van die presidensie oorhandig.
Dinsdag is vier lede van die EFF in hegtenis geneem en ander met rubberkoeëls geskiet toe hulle aan ʼn onwettige betoging oor Mooiplaas-dienslewering deelgeneem het.
Lees ook:
Uniegebou-skietery: Polisie ontken dit was polities
Polisie skiet glo op betogers op pad na Uniegebou
Ka…BOOOOOOOOOOOEM,,,, wa die hel is die bom nou?
… wat de ongeluk is fout met hierdie voorste ou se kop (foto) ?
Gaan daar enigsins iets gebeur na die memorandum oorhandig is – m.a.w. – dienslewering gaan nou verbeter ?
Ek glo nie – en waarom MOET dit ? Mens betaal gewoonlik vir enige dienste gelewer.
… wat de ongeluk is fout met hierdie voorste ou se kop (foto) ?
Gaan daar enigsins iets gebeur na die memorandum oorhandig is – m.a.w. – dienslewering gaan nou verbeter ?
Ek glo nie – en waarom MOET dit ? Mens betaal gewoonlik vir enige dienste gelewer.
Haaakkeeel jjjy