Eis teen Lolly Jackson se boedel uitgestel

Lolly Jackson

ʼn Eis teen ontkleeklubbaas Lolly Jackson se boedel is Dinsdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof onbepaald uitgestel.

ʼn Tsjeggiese maatskappy wat aan sakeman Radovan Krejcir se ma verbind word, het ʼn eis van $1 mijloen (R8 miljoen) teen Jackson se bedoel ingedien, berig EWN. Regsverteenwoordigers van Nadezda Krejcir se maatskappy, DRK Invest, het vlugtig in die hof verskyn om die saak uit te stel. Hulle dring daarop aan dat Krejcir nie self by die aansoek betrokke is nie, maar dat sy ma en haar maatskappy die eis ingedien het.

Luidens die regsdokumentasie het Jackson glo geld by die maatskappy geleen en ʼn skulderkentenisbrief onderteken. Hy het glo onderneem om die fondse teen Februarie 2012 terug te betaal. Prokureurs vir Jackson se boedel is egter oortuig dat dié dokument ʼn vervalsing is.

Jackson is in 2010 by ʼn huis in Kempton Park in Johannesburg tydens ʼn sluipmoordaanval vermoor.

Krejcir se bedrogsaak is in April 2012 uitgestel nadat die staat voorlopig die aanklagte teen hom teruggetrek het. Krejcir word daarvan verdink dat hy R4,75 miljoen deur ʼn bedrieglike versekeringseis van Liberty Life probeer bekom het. Die aanklag is baseer op ʼn vervalsde mediese verslag wat deur die uroloog dr. Marian Tupy ingedien is.

Intussen probeer George Louca, die man wat daarvan verdink word dat hy Jackson vermoor het, om sy uitlewering na Suid-Afrika teen te staan. ʼn Hof in Ciprus het egter Vrydag bepaald dat Louca binne 15 dae aan Suid-Afrika uitgelewer moet word, maar hy het twee weke om teen dié besluit te appelleer. Louca word ook gesoek op aanklagte van diefstal, bedrog en die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.