Chris Mahlangu, die man wat aan die voormalige AWB-leier Eugene Terre’Blanche se moord skuldig bevind is, se vonnisoplegging is Maandag tot 20 Augustus uitgestel.
RSG berig volgens hofverslae is ‘n verslag ter strafversagting vir die mede-beskuldigde, die 18-jarige Patrick Ndlovu, nog nie gereed nie.
Honderde ondersteuners van die hoofbeskuldigde, Chris Mahlangu, het vroeër vandag buite die rondgaande hof op Ventersdorp saamgedrom. Die 30-jarige Mahlangu is skuldig bevind aan die moord op Terre’Blanche in April 2 jaar gelede. Ndlovu is aan huisbraak skuldig bevind.
Mahlangu se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle vir kwytskelding gaan aansoek doen wanneer hul kliënt weer in Augustus in die hof verskyn.