‘n Polisiebeampte is Sondagaand in Johannesburg doodgeskiet nadat hy sy broer, wat glo aangerand is, probeer help het.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Junie 2012
Foto’s: Brand breek in Sandton City uit
Gedeeltes van die spoggerige Sandton City-winkelsentrum moes Maandagmiddag ontruim word na ʼn brand by die Piatto-restaurant ontstaan het.
5-jarige al glo drie keer verkrag
Skokgolwe trek deur die land na beweringe aan die lig gekom het dat ʼn vyfjarige dogtertjie al reeds drie keer verkrag is.
ET-moordenaar: Saak uitgestel
Chris Mahlangu, die man wat aan die voormalige AWB-leier Eugene Terre’Blanche se moord skuldig bevind is, se vonnisoplegging is Maandag tot 20 Augustus uitgestel.
Polisiewoordvoerder pleeg selfmoord ná hy glo gesoekte misdadigers vrylaat
ʼn Beampte van die Lyttelton-polisie het glo Vrydag selfmoord gepleeg nadat hy na bewering drie rowers vrygelaat het.
SA-dwelmmuil tot 15 jaar gevonnis
‘n Suid-Afrikaanse vrou wat daarvan aangekla is dat sy dwelms na Thailand in haar rastalokke in gesmokkel het, is Maandag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.
Voertuig bots teen skoolgebou
ʼn Hoërskool in Roodepoort het Maandagoggend ʼn eienaardige kuiergas gekry nadat ʼn voertuig van die pad af gery en teen een van die skool se geboue tot stilstand gekom het.
Kwytgeskeldes: 47 weer agter tralies
James Selfe, die DA se woordvoerder oor korrektiewedienste, het gesê gevangenes kos die belastingbetaler sowat R5 000 ʼn maand meer as diegene wat maatskaplike toelaes kry.
Rugbykrag suid van die ewenaar
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Lady Gaga kom SA toe
Lady Gaga, die omstrede en eksentrieke sangeres, gaan later vanjaar haar Suid-Afrikaanse aanhangers met konserte hier kom vermaak.
Die bekende Bollie is terug!
Bollie, die vindingryke hasie met sy ondeunde planne, is terug in ’n nuwe 72-blad-tydskrif waarin 63 splinternuwe avonture opgeneem is.
Passasier skiet taxibestuurder dood
ʼn Taxibestuurder is Sondag in Bellville, Kaapstad, doodgeskiet ná hy glo geweier het om ʼn passasier by ʼn sekere plek af te laai.
SA-model haal Forbes se top 10
Candice Swanepoel, ʼn Suid-Afrikaanse model, het die Forbes-tydskrif se lys van top 10-modelle gehaal.
ET-moordenaar hoor vandag sy lot
Chris Mahlangu word Maandag in die Rondgaande hof op Venterdorp gevonnis vir die moord op die voormalikge AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.
Petrolbom-nagklub: Eienaar glo die “slagoffer”
Die eienaar van die nagklub, wat Vrydag in Observatory, Kaapstad, met ʼn petrolbom aan die brand gesteek is, het aan die media gesê hy weet nie hoekom sy klub geteiken is nie.
Nuuskommentaar: Die handskoene af in die ANC-leierskapstryd?
Dit is nog ongeveer ‘n halwe jaar voor die lot oor die toekoms van pres. Jacob Zuma gewerp gaan word, en in die politiek kan ‘n enkele dag ‘n baie, baie lang tyd word.
AfriForum stap saam met bekendes teen geweld
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan môre saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en 30 ander bekendes aan ’n staptog na die Uniegebou deelneem om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.
Jong Bokke deur na eindstryd
Die Jong Bokke het deurgedring na die eindstryd van die Junior Wêreldtoernooi nadat hulle Sondag met Argentinië afgereken het in die halfeindronde op Nuweland.
Dokter, pasiënte aangeval
ʼn Dokter en vyf pasiënte is Saterdagaand by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto met ʼn skêr gesteek.
Baba gewond in rooftog
’n 23 maande oue babaseuntjie sal van vooraf moet leer loop nadat hy en sy ouma Saterdag tydens ʼn rooftog in die Randpark Ridge-winkelsentrum in Johannesburg geskiet is.