Bob Welch, ‘n sanger en kitaarspeler van die groep Fleetwood Mac, is op ʼn ouderdom van 66 dood.
Don Aaron, polisiewoordvoerder van Nashville, Tennessee, het gesê Welch is Donderdag met ‘n skietwond in die borskas gevind. Welch het onlangs gesondheidsprobleme ervaar en daar is ‘n selfmoordbrief op die toneel gevind is. Sy vrou het op sy liggaam afgekom.