‘n Rooibok moes verlede week twee keer die dood in die gesig staar toe ‘n luislang besig was om hom dood te druk terwyl ‘n hiëna ook sy oog op hom gehad het.
Jack Hutchinson, bestuurder van die Kwa-Mbili Lodge in Thornybush naby die Krugerwildtuin se Orpen-hek, het verlede Donderdag die toneel op sy kamera vasgelê, berig Beeld.
“Dit was ongelooflik en dramaties, en wys ‘n mens net weereens die harde werklikheid van die natuur,” het hy gesê.
Hutchinson was in die middag besig met ‘n wildsrit toe hy die benoude geluide van rooibokke gehoor het. Hy het gaan ondersoek instel en op die bok afgekom waar hy verstrengel in die luislang lê. Oomblikke later het die hiëna sy verskyning gemaak. “Die roofdier was baie nuuskierig maar tog versigtig,” het hy gesê.
Die rooibok het só erg gespartel dat die slang later met hom in die bos beland het. Hutchinson is daarna van die toneel weg. ‘n Veldwagter het egter later gesê hulle het gesien hoe die hiëna aan die rooibok se karkas vreet.
– Sapa
Jy is te laat die TOYOTA IS KLAAR GEWEN.
Lmga!
sjoe dis min dat n mens dit kan sien was net op die regte tyd op die regte plek