Foto’s: Vroue ernstig beseer ná epilepsie-toeval

Foto: Netcare 911

Twee vroue is Woensdag in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal beseer nadat die bestuurder ‘n epileptiese toeval gekry het.

Die vroue, ‘n ma en dogter, was met vakansie aan die Suidkus en op pad terug huis toe in Johannesburg toe die ongeluk plaasgevind het. Die dogter, wat aan epilepsie ly, het bestuur. “Hul wit BMW het verskeie kere gerol,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911 gesê. “Die dogter is ernstig beseer en is met ‘n ambulans na St Augustine’s-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ma, wat kritiek beseer is, is met ‘n Red Cross-helikopter na St Augustine’s-hospitaal geneem.

[nggallery id=91]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.