Die Hane het Wallis in ʼn naelbytstryd met 9-8 geklop om sy plek in die Wêreldbeker-eindstryd te verseker.
Wallis het ʼn begeesterde vertoning gelewer met Mike Phillips wat die enigste drie van die wedstryd aangeteken het. Wallis moes die grootste deel van die wedstryd met slegs 14 man speel nadat die span se kaptein, Sam Warburton, ʼn rooi kaart gekry het. Morgan Parra van Frankryk het die span se nege punte aangeteken met drie strafskoppe. Frankryk sal teen Nieu-Seeland of Australië te staan kom in die eindstryd.