Kol. Jay Naicker, het Donderdagaand aan Maroela Media bevestig dat Van Rensburg veilig is. “Sy naasbestaandes het aangedui dat hy met hulle kontak gemaak het en dat hy tans terug na sy huis in New Germany vervoer word vanaf Underberg.” Naicker sê die ondersoekbeampte in die saak sal Van Rensburg ondervra sodra hy weer tuis is. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie.
Van Rensburg, ‘n IT-spesialis, is omstreeks 9:00 Dinsdagoggend laas gesien toe hy sy werkplek in Hillcrest buite Durban verlaat het. Van Rensburg is glo in Frazerweg in Hillcrest gekaap. Hy het kort nadat hy gekaap is vir sy tienerdogter ʼn SMS gestuur wat gelui het: “Help, gekaap”. Sy dogter het egter eers vier uur later die SMS gesien het toe sy haar selfoon aangeskakel het nadat sy tuis gekom het van die skool af. Van Rensburg se vrou, Shirley, sê haar man het haar omstreeks 8:15 die oggend by haar werkplek afgelaai. Shirley het die Pinetown-polisie gekontak nadat haar die dogter die SMS van haar pa ontvang het dat hy gekaap is. Van Rensburg se wit Toyota Tazz is later verlate in Kokstad, sowat 200 km verder, gevind.
Van begin af geweet dit is K storie!