Gevangene op parool verkrag glo vrou

ʼn Gevangene wat op parool vrygelaat is, het glo ʼn tronkbewaarder se vrou verkrag.

Die 27-jarige man sal na verwagting Maandag in die Uniondale-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn, berig Rapport. Die man is verlede week in hegtenis geneem nadat hy glo by die tronkbewaarder se huis ingebreek het. Die tronkbewaarder was glo nie by die huis ten tyde van die voorval nie. Die man het glo by die tronkbewaarder se vrou in die bed geklim. Toe die vrou besef het dit is nie haar man nie het sy probeer wegkom maar die man het haar glo oorrompel, aangerand en verkrag. Die man is glo ‘n week voor die voorval op parool vrygelaat.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.