Haar van te lank vir rybewys

downloadʼn Vrou van Hawaii se van is te lank om ʼn rybewys of identiteitsdokument met haar korrekte naam en van op te kry.

Janice “Lokelani” Keihanaikukauakahihuliheekahaunaele se van bevat 35 karakters insluitend ʼn Hawaise leesteken genaamd ʼn okina. Rybewyse en identiteitsdokumente in Hawaii laat slegs 35 karakters toe vir ʼn persoon se volle name en van. Die 54-jarige vrou se rybewys en ID is uitgereik met slegs haar van wat daarop verskyn en met die laaste letter van haar van wat verwyder is. Janice het dié van gekry nadat sy in 1992 met haar man getroud is. Hy het Keihanaikukauakahihuliheekahaunaele as naam en van gebruik. Haar man is in 2008 oorlede. Keihanaikukauakahihuliheekahaunaele het besluit genoeg is genoeg nadat sy verlede maand deur ʼn verkeersbeampte afgetrek is en hy haar moeilikheid gegee het oor haar rybewys. “Ek het gesê dit is nie my skuld nie. Dit is die land se skuld dat ek nie ʼn ID het met my korrekte name op nie.” Caroline Sluyter, woordvoerder van die departement van vervoer, sê hulle hoop om teen die einde van die jaar die probleem op te los deur 40 karakters vir ʼn persoon se naam en 40 vir die van op rybewyse en identiteitsdokumente toe te laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Justi ·

Sjoee, ek wonder of daardie arme vrou se skouers nie hang van die swaar dra aan daardie van nie?

Seg Net ·

Arme kinders vat seker die hele skool loopbane om hulle van reg te kan spel.

Trippie ·

Middag julle twee !

Goeiste, ek breek die van op in lettergrepe, en steeds kom dit nie lekker uit nie.

Is daar ‘n kans dat sy self haar van kan uitspreek – nee-wat, ek bly sommer maar net Trip Maritz hehehe !

Seg Net ·

Dag seg Trip. Gaan nie veel aan nie, op Praag nog minder. Die va laat my dink aan die naam gee van die ou mense. My ma sit met 4 name maar as jy al haar name en van se letters bymekaar tel kort daar nog ses letters om by hierdie volksvreemde vloekwoord van uit te kom. Glo dit is sekerlik die langste van in die wêreld. Kan dit laat registreer as rekord.

Trippie ·

Jy is reg … ek dank my ma dat sy elk van haar 4 kinders NET EEN NAAM gegee het.

Myne die kortste … !

Weet jy, ek sien die nuwe geslag ouers is lief daarvoor om hul kinders net die voorletters van die oupa se eerste 2 name te gee … AJ (Afrikaans), SJ (Afrikaans) … ag nee, ek hou ook nie hiervan nie. Smaak verskil – E

Jasper ·

Ek is gestraf met 3 lang name en n van. Op Laerskool met eksamens het party kinders al by vraag 3 getrek dan sryf ek nog volle name, van, klas en standard.

Dinknet ·

Ek geniet julle!!! Ek het lank net “stil gelees”,maar ek moet darem my waardering uitspreek dat julle soms my dag opkikker. Ek mis jul al selfs as jul NIE kommentaar lewer nie! My eie kinders het ek ook toe maar gespaar van die dooddra name,al was een oupa nou nie juis beindruk nie……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.