Walker, wat bekendheid verwerf het vir sy rol in die Fast and the Furious-aksieflieks, is Saterdag in ʼn motorongeluk in Santa Clarita, Kalifornië oorlede. ʼn Boodskap wat op Walker se Facebook-blad geplaas is lees: “Hy was ʼn passasier in ʼn vriend se motor, albei het hul lewens verloor.” Volgens E-Online was die voertuig in vlamme gehul toe die polisie by die toneel aangekom het. Walker was glo besig om geld in te samel vir sy organisasie Reach Out Worldwide. Walker word oorleef deur sy 15-jarige dogter.
Walker het bekendheid verwerf vir sy rol as Brian O’Conner in die Fast and the Furious-aksieflieks. Hy was besig om Fast and the Furious 7 te verfilm ten tyde van sy dood. Hy het ook in die rolprente Varsity Blues, The Skulls, Joyride, Timeline and Takers gespeel.