Die hospitaal waar prins William se swanger vrou Kate behandel word, het Woensdag besonderhede oor haar toestand bekendgemaak na ʼn foonoproep van ʼn Australiese radiostasie.
Aanbieder van Sydney se 2DayFM-radiostasie het ʼn fopoproep na die King Edward VII-hospitaal gemaak en voorgegee hulle is koningin Elizabeth II en prins Charles. ʼn Suster het vertroulike inligting rakende Kate se toestand aan hulle bekendgemaak. Die hospitaal en radiostasie het intussen om verskoning gevra. Die koningin, haar man prins Phillip, prins Charles en sy vrou Camilla is almal al by die hospitaal behandel. Kate word behandel vir ʼn erge vorm oggendnaarheid. Die suster het aan die aanbieders gesê dat Kate vloeistowwe gegee is aangesien sy gedehidreer was en dat sy stabiel is op die oomblik. Prins William het sy vrou intussen vir die derde agtervolgende dag by die hospitaal besoek terwyl Kate se suster Pippa en broer James ook by die hospitaal ʼn draai kom maak het.