Polisiebeamptes het Dinsdag op ʼn vermoedelike inbraak reageer by die St Vincent de Paul-winkel in Ingham, Australië, maar op ʼn 5.7m-lange luislang afgekom.
ʼn Professionele slanghanteerder is ontbied om die reptiel aan te keer, het die polisie in Queensland Woensdag gesê. “Die vermoede was dat iemand die perseel deur die dak betree het om toegang tot die winkelvloer te bekom,” lui die verklaring. “Geen items is egter gesteel nie.”
Virginia McGrath, slanghanteerder, het aan Cairns Post gesê die luislang was rustig, maar het ʼn gemors gemaak. “Breekware het oral op die vloer gelê en die slang het ook ontlas.”
Die slang is in ʼn nabygeleë vleiland losgelaat.