‘n Vroulike dokter is Saterdagaand in hegtenis geneem toe sy glo 191km/h op die N1 in Midrand gery het.
“Die 28-jarige vrou het met haar Porsche in ‘n 120km/h-sone gery,” het Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Sy het gesê sy is oppad terug na haar huis in Pretoria.” Sy en 12 ander motoriste, wat meer as 160km/h op die snelweg gery het, is tydens ‘n spesiale operasie van die hoëspoed-eenheid, vasgetrek.
Die persone wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Randburg landdroshof verskyn.
Op pad moet twee woorde wees.
Nee Buks dit hang af hoe die woord gebruik word. dis heeltemal reg.
Twak. Op pad moet altyd, altyd ALTYD twee woorde wees.