Kevin Rodgers, ‘n polisiebeampte van Kaapstad is in ‘n stabiele, maar ernstige toestand, nadat hy Dinsdagaand in die maag geskiet is.
Rodgers (29) is in die intensiewesorg-eenheid in die hospitaal, maar “buite gevaar”, berig Cape Times. Hy is Dinsdagaand in Belhar geskiet toe hy drie mans in hegtenis wou neem. Die drie, tussen 18 en 24 jaar oud, het weggehardloop, maar is later in hegtenis geneem. Rodgers was een van 153 provinsiale polisiebeamptes wat dié jaar aangeval is. Vier van dié polisiebeamptes het gesterf.
Drie van dié polisiebeamptes is verlede week dood.
Konstabels Mandisi Nduku (27) en Phindiwe Nikani (26) is Vrydagaand op patrollie in Imizamo Yethu, Houtbaai doodgeskiet. Nikani is op die toneel dood en Nduku het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Fabianus Filipus (28) het Woensdag in die landdroshof in Wynberg verskyn, maar die saak is tot Donderdag uitgestel.
Mpumelelo Xakekile (50) is verlede Woensdag doodgeskiet toe hy ‘n boete aan ‘n taxibestuurder in Khayelitsha uitgereik het. Sandisile Ncapayi (18) sal Maandag weer in verband met dié moord in die hof verskyn.