In die noorde van Thailand is daar ʼn trop van sowat 20 olifante wat se mis gebruik word om van die wêreld se duurste koffie te maak.
Die koffie word gemaak van bone wat deur die olifante geëet word en dan ʼn dag later uit hul mis gehaal word. Die brouer van die koffie skryf die unieke smaak toe aan ʼn reaksie wat in die olifante se spysverteringskanaal plaasvind. Wanneer die olifante die koffiebone eet breek hulle maagsuur die proteïne in die koffie af en speel dit glo ʼn sleutelrol rakende die bitterheid daarvan. ʼn Koppie van die boeretroos is egter nie goedkoop nie en sal jou nagenoeg R9 460 per kilogram of R430 per bediening uit die sak jaag. Die koffie staan bekend as Swart Ivoor-koffie en is tans nog net beskikbaar in Thailand, die Maldive-eilande en Abu Dhabi.
Lyk my oosterlinge eet en drink enige iets. Bleggggg…………..