‘n Polisiebeampte in Noordwes het Dinsdag eers probeer om sy 21-jarige meisie dood te skiet voordat hy selfmoord gepleeg het.
“Die 26-jarige konstabel het glo vroeër by ‘n kroeg in Taung, Noordwes, met die vrou argumenteer,” het Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Hy en die vrou het toe in ‘n motor geklim en glo na ‘n bebosde gebied gery. Die vrou is later opgespoor waar sy aan ‘n boom vasgeboei is met ‘n skietwond in haar heup. “Die konstabel se liggaam is daar naby opgespoor en dit lyk of hy homself geskiet het.” Die vrou is na die Taung-hospitaal geneem vir behandeling.