Ma en kinders in knyp ná pa selfmoord pleeg

Louise en Marius tydens hul troudag.

Louise Lamprecht van Pretoria, ʼn 23-jarige ma van twee babatjies, moet kop bo water probeer hou nadat haar man Dinsdag selfmoord gepleeg het.

Susan Kruger, Louise se ma, het Donderdag aan Maroela Media gesê die gesin was afhanklik van die pa, Marius (21), se inkomste. Marius het as ʼn ambagsman in die omgewing gewerk. “Marius het Maandag sy werk verloor en dinge het net te veel begin word vir hom,” het Kruger gesê. “Hy het vir my gesê hy is moeg vir die lewe. Ek het vir hom gesê hy moet nie sulke goed kwyt raak nie en het nie geweet hy gaan selfmoord pleeg nie,” het sy bygevoeg.

Marius het Dinsdag omstreeks 10:00 vermoedelik sy eie lewe geneem deur homself te hang. “My dogter was vir 10 minute buite die erf. In daai tyd het Marius die heining van die erf gesluit en homself op die stoep voor die kombuis gehang. Louise het op sy liggaam afgekom.”

Louise het na die voorval by haar ma ingetrek met haar eenjarige dogtertjie en twee maandeoue seuntjie. “Sy wil nie meer by hul huis bly nie want die toneel spook die heeltyd by haar,” het Kruger bygevoeg. Kruger en ander barmhartige Samaritane spook nou om Louise by te staan, veral met doeke, melk en kos. “Ons gaan ook probeer om ʼn Wendy-huis te bekom sodat sy in my erf kan bly,” het Kruger gesê.

Mense wat die gesin wil bystaan kan Kruger by 076 509 2597 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Emmerentia du plessis

Louise en fam.Ek bid vir julle dat julle die Here se arms om julle ,onder julle en ook bo julle sal voel en weet Hy sal vir julle sorg .Sterkte vir n baie moeilike tyd wat gaan volg .Ons sal onthou om julle elke dag aan God se liefde op te dra .Sterkte .Emmerentia

maryke steenkamp

Rozanne Swart Steyn wrote: Daar doen die ronde op fb en bbm n boodskap van n ma en 2 kleintjies wat dringend hulp soek want die pa het sy werk verloor en toe selfmoord gepleeg. Dis nie die waarheid nie. Ja hyt selfmoord gepleeg want hulle 2 het Dinsdagoggend baklei en toe hang hy hom. Hyt by ons gewerk. Daar is geen brief aan hom gegee of waarskuwing aan hom gegee dat hy sy werk verloor het nie. Ons werk deur Labourlaw in Pta-noord en mag nie afdank sonder brief nie. Sy neef en oom werk ook by ons en… Lees meer »

Dikkes

Ek self het die bbm gekry, en op FB daarvan gelees, weereens ‘n saak het twee kante! Sy kan gaan werk, en die kleintjies by haar ma los om na hulle te kyk bedags. Om so blatant te lieg. So jammer die pappa van die kleintjies het selfmoord gepleeg, sy arme ouers, familie, kennisse, vriende. So jonk, so onnodig. Sterkte aan die kleintjies asook aan sy ouers.

Estelle Smith

Maak seker nie saak hoekom hy selfmoord gepleeg het nie. As sy gewerk het dan was sy nou nog steeds op kraamverlof so dis ook nie nodig om haar af te maak as sleg nie omdat sy nie werk nie. Moet die arme kinders nou daar onder ly omdat daar fout met die ouers was?

Jenny Bessinger

Graag wil ek net aan almal sê wat sulke stories versprei om eerder te dink voor julle goed sê wat kon gebly het. As julle nie deel is van die familie nie, en tensy jul nie self Dinsdag oggend by was toe als gebeur het nie, hou eerder jou kommentaar vir jouself. As julle nog nie self ‘n eggenoot aan die dood afgestaan het nie, sal julle ook nie weet waardeur Louise gaan nie. Dis hartseer om te dink dat iemand deur sulke moeilike tyd kan gaan en dat daar mense is wat so gevoeloos kan wees. @ Dikkes, graag… Lees meer »