Ma en seun van Pretoria vermis

Fallon Barlow en Brandon Steyn

Fallon Barlow (24) en haar vierjarige seun, Brandon Steyn, word sedert 8 Januarie vermis. Die twee was die laaste keer gesien toe hulle hul huis in Kameeldrift in die noorde van Pretoria verlaat het. Barlow het groen-blou oë, ligtebruin hare, is 1.65m lank en weeg 60kg. Haar seuntjie het ook groen-blou oë, ligtebruin hare, is omtrent 1m lank en weeg 17kg. Enigiemand wat weet waar hulle is, kan Missing Children SA by 072 647 7464 bel of met die Kameeldrift-polisie by 012 819 8200 in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.