Die voormalige president, Nelson Mandela, is weer in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem.
Volgens die presidensie is Madiba opgeneem vir roetine- mediese ondersoeke.
“Dokters doen roetine-ondersoeke en het sover bekend gemaak daar is geen rede om oor sy gesondheid bekommerd te wees nie,” het Mac Maharaj, die presidensiewoordvoerder, gesê.
Hy sê die ondersoeke is normaal vir mense wat Madiba (94) se ouderdom bereik.
Hy het gesê dit is in dié stadium nie bekend hoe lank Madiba in die hospitaal gaan wees nie en het gevra dat sy privaatheid gerespekteer moet word.
Mandela het in Desember 18 dae in ʼn Pretoriase hospitaal deurgebring nadat hy van sy huis in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg is vir behandeling. Hy is behandel vir ‘n longinfeksie en galstene is ook verwyder.