Malema regsverteenwoordigers wil tugverhoor uitstel

ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Regsverteenwoordigers van die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sal Donderdag versoek dat sy tugverhoor uitgestel word.

Malema is Woensdag in die Limpopo Medikliniek opgeneem waar hy glo vir erge griepsimptome behandel word. Malema se regsverteenwoordiger, adv. Dali Mpofu, sê Malema sal nie die verhoor kan bywoon nie. Mpofu wou egter nie kommentaar lewer op Malema se toestand nie. Daar is vroeër berig dat Malema griepsimptome gehad het toe hy Dinsdag studente by die Universiteit van Limpopo se Turfloop kampus toegespreek het. Malema en vyf van sy kollegas word daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het en verdeeldheid in die party saai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.