ʼn Man is Dinsdag deur betonblaaie vergruis op die R25 in Bapsfontein.
Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, sê ʼn bakkie het ʼn u-draai op die pad gemaak toe dit deur ʼn vragmotor getref is wat betonblaaie vervoer het. Die vragmotorbestuurder het uitgeswaai om die bakkie te mis, maar het die agterkant van die bakkie getref. Die man het agterop die bakkie gesit. Wicks sê drie ander mense is na ʼn hospitaal geneem.