Man ernstig beseer na botsing met sportmotor

Foto: ER24

‘n Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Donderdag met sy sportmotor teen ʼn ander motor gebots het in Melkbosstrand.

ʼn Woordvoerder van ER24, Andre Visser, sê ʼn Lotus sportmotor en ʼn Honda het teen ʼn hoë spoed reg van voor gebots. Die 49-jarige bestuurder van die Lotus het ʼn ernstige kopbesering opgedoen en sy regterbeen gebreek. Hy is op die toneel behandel en na die Milnerton Medikliniek geneem vir verdere behandeling. Die bestuurder van die Honda is deur ʼn ander ambulansdiens behandel en na ʼn nabygelë hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

As ek dit nie mis het nie, sou mens die Honda ook as ‘n “sportmotor” kon bestempel. Dit lyk vir my na ‘n 2006 tot 2011 model Civic Type-R.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.