Man gevang met halfmiljoen se onverwerkte goud

Argieffoto.

ʼn Man (41) is in die Entumbane-omgewing in Pongola, KwaZulu-Natal, vasgetrek vir onwettige handel in onverwerkte goud. Die goud is na bewering R500 000 werd.

Die Valke in Richardsbaai se eenheid vir georganiseerder misdaad, in samewerking met Pongola se SAPD-speurders, het inligting ontvang oor ʼn verdagte wat na bewering in besit was van onverwerkte goud wat hy glo na Gauteng wou smokkel.

Die Valke en SAPD het beslag gelê op die goud en die verdagte in hegtenis geneem.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die onverwerkte goud uit die Klipwal-goudmyn in Pongola, KwaZulu-Natal, afkomstig is.

Die verdagte word aangekla vir onwettige handel in goud asook korrupsie ná hy ondersoekers geld aangebied het om hom vry te laat.

Hy sal na verwagting vandag (Woensdag) in die Pongola-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.