Man ontken verkragting en moord

ʼn Durbanse man het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ontken dat hy ʼn sesjarige dogtertjie verkrag, sy vriendin vermoor en haar woonstel aan die brand gesteek het.

Gerald Rosselloty (40) het die 6-jarige meisie glo in 2006 verkrag nadat sy die heeldag by sy huis was. Toe Rosselotty haar die middag by haar ouma afgelaai het, het sy glo erg gebloei. Sy is na ʼn hospitaal geneem waar sy chirurgie moes ontvang vir haar beserings en later deur ʼn ginekoloog behandel is. Die meisie, nou 11, het getuig dat Rosselloty haar beveel het om al haar klere uit te trek, haar op die bed gegooi, room op homself gesmeer en haar toe verkrag het. Rosselloty ontken dit en sê die dogtertjie se ma, sy voormalige minnares, het haar laat verkrag om hom terug te kry nadat hy haar huweliksaanbod van die hand gewys het.

Rosseloty het intussen ook skuld ontken op aanklag dat hy sy vriendin, Nokwazi Mkhize, op 17 April 2010 vermoor en haar liggaam aan die brand gesteek het. Rosselloty was glo vroeër die dag by ʼn hospitaal vir die geboorte van sy seun by ʼn ander vrou. Toe hy tuis kom het hy Mkhize glo aangerand. Rosselloty het glo die volgende dag na ʼn verlate plek gery waar hy haar liggaam op ʼn matras gesit en dit aan die brand gesteek het. Hy het glo ook haar woonstel hierna aan die brand gesteek. Die saak is uitgestel tot 2 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.