Matthews Koko Mooketsi (30) is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ʼn vrou verkrag en haar man vermoor het.
Mooketsi is skuldig bevind aan moord, verkragting en roof. Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir elke oortreding. Mooketsi het die bejaarde egpaar op 31 Desember 2011 in hul huis in Itireleng in Noordwes aangeval. Hy het die 62-jarige vrou verkrag en aangerand en haar 85-jarige man aangerand. Hy het klere en huishoudelike goedere gesteel. Die egpaar is na die Taung-hospitaal geneem waar die man later aan sy beserings beswyk het. Mooketsi is drie maande later in Bloemfontein in hegtenis geneem.
Goedso,hoop net lewenslank,is lewenslank.
Hulle wil net moor,verkrag en steel. Ons land is een van die mees gevaarlikste in die wereld. Dit maak nie saak of dit dag of nag is nie.