ʼn Man is dood nadat hy Saterdagoggend deur honde aangeval is buite Zeerust in Noordwes.
ʼn Polisiewoordvoerder, konst. Duduzile Zwane, sê ʼn inwoner het die man gevind waar hy kaal op die grond gelê het. Die man se ore is afgebyt en sy gesig was erg geswel. Hy het egter steeds asemgehaal. Die inwoner het wakker geword nadat hy die man gehoor skree en honde hoor blaf het. Die man is later deur paramedici op die toneel dood verklaar. Zwane sê die man het glo by ʼn kroeg gekuier waar honde aangehou word. Die polisie ondersoek die saak.