Man vas oor onwettige jaggewere

Argieffoto

‘n 40-jarige man is Sondag in die Wes-Kaap vir die onwettige besit van jaggewere in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle het inligting ontvang dat die vuurwapens in ‘n woning by Vanguard Estate gestoor word. “Ons het die perseel deursoek en op drie jaggewere afgekom wat toegedraai in ‘n stoortjie agter die huis gebêre is. ‘n Boks met ‘n verskeidenheid van ammunisie, 277 patrone in totaal, is ook opgespoor,” het Van Wyk gesê. Die man is in hegtenis geneem nadat hy nie ‘n lisensie vir die vuurwapens kon toon nie. “Hy het nie ‘n geldige rede waarom hy die wapens besit nie,” het Van Wyk gesê.

Die man sal binnekort in die landdroshof op Athlone verskyn op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.