Human Rights Watch het gesê ʼn onderwyser van Saoedi-Arabië, wat ʼn veldtog ondersteun het om die verbod teen vrouebestuurders te beëindig, is in hegtenis geneem.
“Tariq al-Mubarak is Sondag deur polisiebeamptes ondervra en in hegtenis geneem,” het die organisasie Dinsdag in New York gesê.
Al-Mubarak het aan ʼn plaaslike dagblad gesê ekstremiste intimideer mense om op hul menseregte te staan. “Vryheid is nie deel van ons kultuur nie, en ook nie deel van ons interpretasie van godsdiens nie,” het hy gesê.
Meer as 60 vroue voer aan hulle het Saterdag agter die stuur ingeskuif om die verbod teen te staan. Die veldtog het kritiek uitgelok deur die koninkryk se ultra-konserwatiewe godsdienstige bestel.