ʼn 29-jarige man het verdrink nadat hy ʼn epilepsie aanval gekry het terwyl hy by Kabaljous-strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geswem het.
ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê die man het die aanval gekry nadat hy met ʼn tennisbal teen die kop getref is wat deur een van sy vriende gegooi is. Die man is deur lewensredders uit die water gehaal. Hy is op die toneel dood verklaar.