Drie mans is dood nadat hulle met motorbande aan die brand gesteek is in Khayelitsha in Kaapstad.
ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê die mans is Maandagaand naby die Nkanini-spoorweg in Harare gevind, omring deur ʼn groot groep omstanders. “Die gemeenskap beweer dat die mans verantwoordelik was vir ʼn vlaag inbrake in die Nkanini-area.” Filander sê twee van die mans is op die toneel dood terwyl die derde man later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek drie sake van moord.