Die ANC het Donderdag sy hoofsweep, Mathole Motshekga, herroep.
Die party het ʼn dringende vergadering gehou en Stone Sizani, ʼn voormalige lid van die United Democratic Front (UDF), as sy opvolger aangekondig. “Dit is nou ʼn beleid van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) dat die hoofsweep van die ANC ʼn lid van die NUK moet wees,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, in ‘n verklaring aangekondig. Klik hier om meer te lees.
Motshekga is gekritiseer dat hy “minder as doeltreffend” is.