Meer as 90 mense is dood en verskeie beseer toe ‘n brand in ‘n aanleg wat hoenders slag in die Noordooste van China uitgebreek het.
Die brand is later geblus, aldus die CCTV-nuusdiens.
Omstanders sê verskeie ontploffings is tydens die brand gehoor.
Uit vrees vir gifgasse is ‘n omtrek van ‘n duisend meter om die aanleg in die stad Dehui ontruim.