Dit gaan effens beter met die vyfjarige Mikayla Robbertse van Lephalale (Ellisras) wat Maandagaand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is in haar bed.
Beeld berig dat Robberste Vrydagoggend van die respirator afgehaal is in die waaksaal van die Steve Biko-hospitaal in Pretoria. Robberste se ouma sê sy het Vrydag vir die eerste keer weer lekker gesels. Mikayla se ma sê sy is steeds geel en baie opgeswel weens lewerprobleme. Dokters was bekommerd dat die slang se gif weefselskade kon veroorsaak en sy haar hand kon verloor. Die slang het Mikayla op haar elmboog en hand gebyt.
Lees meer hier.