
Beamptes van die Johannesburg Metorpolisie tydens 'n munispale werkers staking. Foto: Werner Beukes/SAPA
Volgens ʼn woordvoerder van die metropolise, hoof supt. Wayne Minnaar, het die 29-jarige man in ʼn wit Golf gery op Barry Hertzog-rylaan. Die man het toe glo ʼn ander motoris in ʼn rooi Golf begin volg wat in druk verkeer voor hom ingery het. Die man het glo ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die rooi Golf se venster uitgeslaan. Die insittendes in die rooi Golf was metropolisielede in gewonde drag en ʼn ongemerkte voertuig. Nadat die man sy vuurwapen op die metropolisielede gerig het, is hy deur een van die beamptes in die regterbeen geskiet. ʼn Saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging is teen die man aanhangig gemaak. Daar sal ook ʼn kriminele en departementele ondersoek na die voorval gedoen word.