Motorfietsryer oorleef weerligstraal

weerlig 2‘n Motorfietsryer van Washington in Amerika het oorleef nadat ‘n weerligstraal hom Donderdag getref het.

“Die 59-jarige man het op die snelweg deur Chehalis gery toe die weerligstraal hom getref het,” het William Finn van die metropolisie in Washington gesê.

Martin Zapalac, ‘n ooggetuie, het aan KOMO-TV gesê die man het hom pas verbygesteek toe sy motorfiets “verhelder” het. Die motorfietsryer kon aftrek langs die snelweg en Zapalac het met hom na die naaste vulstasie gery. Die man is behandel vir brandwonde aan sy ore. Hy is daarna na ‘n hospitaal in Seattle geneem waar hy in ‘n “bevredigende toestand” is.

Steve Emrich, brandbestryder van Chehalis, het gesê dat die man “basies reg deur sy valhelm getref is” en “baie gelukkig is om te leef”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Sommige mense het ook al die geluk of is dit sy beskermings engel wat met hom was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.