Motorfietsryer sterf in Sandton

‘n Man is dood nadat hy Vrydag in Sandton met ‘n voertuig van sy motorfiets af gestamp is.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die man, in sy 30s, het in ‘n ernstige toestand onder die voertuig gelê. “Ons het onmiddellik noodasemhaling op hom begin toepas, maar sy toestand het nie verbeter nie,” het Jackson gesê. Die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.