Robert Mugabe, die 89-jarige president van Zimbabwe, het Dinsdag “vir ʼn roetine oogtoets” na Singapoer gevlieg, waar hy normaalweg mediese behandeling ontvang.
Volgens ʼn verslag van die Zimbabwe Uitsaaikorporasie behoort die leier teen die naweek terug te keer na Zimbabwe.
Mugabe, wat Zimbabwe sedert die land se onafhanklikheid in 1980 regeer, het ʼn operasie in 2011 ondergaan om ʼn katarak te verwyder.
Sy laaste besoek aan die hospitaal het gerugte oor sy gesondheid laat ontstaan, met sprake dat hy behandeling vir kanker ontvang.
In die publiek toon Mugabe egter geen tekens van swak gesondheid nie.
I dit nie treurig dat n leier van n land wat verantwoordelik is dat die land so ver agteruit gaan dat hy self in n ander land moet gaan mediese sorg soek. Wat van al sy volgelinge wat dit nie kan bekostig nie?
Hy vertrou nie eers hulle eie mediese sisteem , en dit is sy toedoen of dal vertrou hy nie sy eie mense nie hêhê.
hoop die ou donner se vliegtuig val