Beeld berig dat Jordaan aanhou opstaan het om sy gesin teen ʼn rowerbende te beskerm. Jordaan is in dieselfde straat aangeval waar Alyssa Botha (13) die vorige week deur vermoedelik dieselfde moordbende doodgeskiet is. Jordaan se seun, Shaun (26), sê sy pa is geskiet terwyl hy sy vrou, Isabel (48), sy ander seun, Kevin (23), dié se swanger vriendin, Mariska (24), en sy (Shaun se) vrou, Jeanine (23), teen minstens vier rowers beskerm het.
Die Jordaans is Donderdag in hul huis in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangeval. André en Kevin het ʼn deur van binne toegedruk terwyl Shaun na die bure gehardloop het vir hulp. Die rowers het minstens sewe skote deur die deur geskiet en André is drie keer in die maag, twee keer in die bors, in sy linkerarm en regterskouer getref. Hy is Saterdag in die hospitaal oorlede. Die vermeende aanvallers verskyn vandag in die Krugersdorp-landdroshof.
Lees meer hier.