Neef verkrag glo weeskind

ʼn Oplettende inwoner van die Vrystaat het gesorg dat ʼn vermeende verkragter agter tralies beland nadat hy ʼn 10-jarige weeskind glo verkrag het.

“Die vrou het Maandag opgelet dat die dogtertjie moeilik stap terwyl sy skool toe geloop het,” het sersant Martin Xuma, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die vrou het die dogtertjie genader maar sy wou niks sê nie. Sy het toe die dogtertjie na ʼn kliniek geneem waar hulle agterkom het dat sy seksueel mishandel is.”

Die polisie is ontbied en by verdere navraag het hulle agtergekom dat die meisie ʼn weeskind is, wat by familie in Manyatseng, in Ladybrand, woon. “Sy het eers gepraat nadat haar onderwyseres haar bygestaan het,” het Xuma bygevoeg.

Volgens Xuma het die meisie gesê sy is Saterdagaand verkrag terwyl sy geslaap het. Sy het ʼn bed met twee seuns en ʼn 20-jarige neef gedeel. Haar neef het haar glo op die bed verkrag, terwyl die twee jonger seuns geslaap het.

Die polisie het die neef in hegtenis geneem. Hy het Woensdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn op ʼn aanklagte van verkragting. Die saak is tot 23 Augustus uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.