Nieu-Seelander gooi loterykaartjie van NZ$27 miljoen weg

Argieffoto

‘n Man van Nieu-Seeland het glo ‘n loterykaartjie ter waarde van NZ$27 miljoen (R183,6 miljoen) weggegooi.

Die man, in sy 20s, het die syfers verkeerd gelees en gedink die kaartjie is niks werd nie. Hy het eers die volgende dag, toe hy gehoor het dat die wenner nooit na vore getree het nie, die kaartjie gesoek en besef dat hy gewen het.

Die man, wat nie identifiseer wil word nie, het die kaartjie glo op ‘n impuls gekoop. Die man het geld, wat hy glo vir ‘n haarsny eenkant gesit het, gebruik om die kaartjie te koop.

“Ek het aanvanklik die syfers op my telefoon nagegaan, maar ek moes na die verkeerde uitslag gekyk het, so ek het nie gedink ek het gewen nie. Ek het die kaartjie sommer net eenkant toe gegooi en gedink ‘dis dit’,” het die man gesê. “Eers toe mense oor die prysgeld betaal wat nie opgeëis is nie, het ek gedink ek beter weer kyk.”

Die NZ$27 miljoen-prys bestaan uit NZ$25 592 110 in kontant, ‘n Lamborghini Gallardo, ‘n Audi Q7, ‘n renboot, ‘n kredietkaart met NZ$50 000, en NZ$50 000 reisgeld en NZ$675 000 kontant vir ‘n vakansiehuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.