Nog ʼn Balfour-botsing eis ʼn lewe

Argieffoto. Foto: Netcare911

Argieffoto. Foto: Netcare911

ʼn Man is dood en drie ander mense beseer nadat twee voertuie Sondagmiddag op die R23-pad naby Balfour gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê die botsing het omstreeks 13:00 in ʼn kruising plaasgevind. “ʼn Voertuig en ʼn bakkie het in die kruising gebots. Die beseerdes en oorledene is buite die voertuie, aan die kant van die pad, aangetref,” het Botha gesê. Hy sê nadat hulle ondersoek is, is daar bevind dat een man op slag dood is. “Een van die beseerdes het ernstige beserings opgedoen en die ander twee geringe beserings.”

Die mense is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Maroela Media het Vrydag berig Wikus Bodenstein, ‘n gr.1-leerling aan Laerskool Balfour, is Woensdag in ‘n busongeluk dood nadat ʼn vragmotor die skoolbus van agter getref het. Die bus het gerol as gevolg van die impak van die botsing. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.