Vooruitsigte lyk sleg vir plaaslike motoriste se beursies.
“Indien huidige vlakke van die rand teenoor die dollar en internasionale petroleumprodukpryse hul huidige vlakke handhaaf vir die res van Junie, sal petrolpryse met ongeveer 90c per liter styg en die groothandelpryse van diesel met ongeveer 75c per liter,” het Paul Joubert, ʼn senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Dinsdag aan Maroela Media gesê. Volgens Joubert sal so ʼn styging nuwe nominale rekordpryse vir petrol en diesel meebring.
“Indien internasionale petroleumprodukpryse stabiel bly en die rand begin vandag stelselmatig verstewig teenoor die dollar, sal dit teen 27 Junie ʼn vlak van ongeveer R7,60 teenoor die dollar moet bereik vir plaaslike brandstofpryse om stabiel te bly. Slegs so ʼn dramatiese appresiasie sal die gemiddelde wisselkoers wat in die berekening van plaaslike brandstofpryse gebruik word op dieselfde vlak as Mei se gemiddeld hou. Dit is feitlik onmoontlik vir so skerp appresiasie om in so kort tyd te gebeur. Die laaste keer wat die rand teen R7,60 per dollar verhandel het, was vroeg in 2012,” het Joubert gesê.
Joubert het gesê selfs al verstewig die rand tot die beste vlak wat dit in April gehaal het, ongeveer R9,10 per dollar, sal plaaslike brandstofpryse steeds beduidend toeneem op 3 Julie.
PETROL STYG MET 76 SENT PER LITER. DIESEL MET 62 PER LITER. EK WEET EK VERKOOP DIT VIR N LEWE
whats new, ons het almal geweet dat dit stilte voor die storm is.