Noord-Korea se Kim dreig weer met kernramp

Kim Jong-un

Kim Jong-un

Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-Un, het in sy Nuwejaarsboodskap wat landswyd uitgesaai is, opnuut gedreig dat ‘n kernoorlog met rampspoedige gevolge kan uitbreek.

Ook die VSA sal nie ongeskonde daarvan afkom nie, het Kim gedreig. Hy het gewaarsku dat ‘n klein militêre insident per ongeluk weens die plofbare situasie in ‘n volskaalse oorlog kan ontaard.

Hy het ook vir die eerste keer sy oom, die invloedryke Jang Song-Thaek wat hy onlangs laat aankeer en teregstel het, gekritiseer. Hy het Jang as ‘n “vuilgoed” beskryf en gesê sy bewind is besig om “vuilgoed uit te roei”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Ek sal wat wou gee om net n week alleen saam die grillerige bosbeertjie op Noord Kaapse Kalahariplaas tussen die swarthake en tampans deur te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.