Noordwes-tiener ontvel, tong en niere verwyder

ʼn Tiener van Mmakau Village naby Brits in die Noordwes is vermoor, sy vel afgetrek en van sy liggaamsdele verwyder.

“Neo Ramaswe (13) se gesigvel is afgetrek en sy keel, tong en niere is vermoedelik vir muti verwyder,” het kaptein Amanda Funani, woordvoerder vir die polisie in Noordwes, gesê.

Muti is tradisionele Afrika-medisyne.

Ramaswe se liggaam is Sondag in ʼn oop veld opgespoor, maar die polisie het die inligting eers Woensdag aan die media bekendgemaak. “Hy is laas Donderdag gesien toe hy saam met sy vriende sokker gespeel het,” het Funani gesê.

Die polisie is op soek na twee mans wat vermoedelik in sy moord betrokke was, nadat ooggetuies hulle met hom sien praat het. ʼn Moordsaak is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.