Betogers in die Wes-Kaap sal glo hul staking oor lone en lewensomstandighede vir twee weke lank opskort, het Angie Motshekga, waarnemende minister vir arbeid, Woensdag gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 14 November 2012
Potch se Pierneef-skildery steeds soek
‘n Pierneef-skildery wat net ná die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees uit die Totius-museum in Potchefstroom gesteel is, word steeds vermis.
Pastorie-moorde: Vrou steeds kritiek in hospitaal
Dorothea Brits, die vrou van vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, is steeds in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein.
Britte verkies Kaapstad
Die Telegraph, ‘n aanlynkoerant in Brittanje, het 17 000 lesers gevra om hul reisgunstelinge wêreldwyd aan te wys.
Foto’s: Reddingspoging van drenkeling
ʼn Man het Woensdag verdrink terwyl hy probeer het om die Illovo-rivier naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal oor te steek.
Van Reenenspas op die N3 gesluit
Die Van Reenenspas op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal is Woensdag toegemaak weens ongelukke in die gebied.
Noordwes-tiener ontvel, tong en niere verwyder
ʼn Tiener van Mmakau Village naby Brits in die Noordwes is vermoor, sy vel afgetrek en van sy liggaamsdele verwyder.
SAners het in 2011 meer as R250 miljard weggedobbel
Suid-Afrikaners het verlede jaar sowat R257.6 miljard aan dobbelary spandeer.
St Francisbaai-skade moontlik byna R1 miljard
Terwyl St Francisbaai-inwoners steeds die koste probeer beraam van die verwoestende brand wat meer as 70 luukse huise verwoes het, het een versekeringsmaatskappy reeds aangedui dat hy sowat R100 miljoen gaan moet opdok.
Foto’s: Sementvragmotor beland bo-op kar in Pretoria-Oos
Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn sementvragmotor Woensdagmiddag omgeslaan en bo-op ʼn motor in Garsfonteinweg in Pretoria beland het.
De Doorns-staking: Beweerde plaasarbeider sterf, vyf beseer
Een man is Woensdagoggend in Wolseley dood en vyf ander beseer tydens ʼn betoging deur beweerde plaaswerkers.
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
Boere het Woensdag die enigste ingang na Ceres van Kaapstad met stukke rommel, klippe en sand versper.
Worcester-polisieman gevang wat vrou glo verkrag
Die polisie se Onafhanklike Klagtedirektoraat het ʼn polisiekaptein Maandag in hegtenis geneem nadat hy ʼn vrou glo Sondagoggend verkrag het.
Video: Barbie in lewende lywe
Daar is tans ʼn neiging onder jong meisies wêreldwyd om soos Barbie te lyk en vroue spandeer glo miljoene aan plastiese sjirurgie om soos dié plastiese pop te lyk.
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
Chaos het in die Witzenberg-streek uitgebreek as deel van die voortslepende plaasarbeiderstaking.
Hofmakery op pad na Mangaung
Die vakbond COSATU se onlangse kritiek op President Jacob Zuma se welige woning in Nkandla is bes moontlik `n poging om oud-vakbondstryder, Kgalema Motlanthe, die hof te maak.
Ontstelde motoriste by eerste e-tolvergadering
Emosies het Dinsdagaand tydens die eerste openbare vergadering oor e-tol opgevlam en fasiliteerders moes bontstaan om die vrede te bewaar en het gedreig om die vergadering te verdaag.
Miljoene vir Rustenburg-vrou wat verkeerdelik met kanker diagnoseer is
Die departement van gesondheid in Limpopo gaan ʼn vrou miljoene betaal nadat sy in 2005 verkeerdelik met kanker diagnoseer is.
De Doorns-staking: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, bosbou en visserye, sal na verwagting Woensdag met president Jacob Zuma vergader om sy steun te kry vir hoër lone vir plaaswerkers.
Beweerde SAPD-dreigemente oor verkragting ondersoek
Die polisie in Sinoville ondersoek tans ʼn klag deur ʼn vrou wat beweer dat polisiebeamptes van dié stasie haar verbaal geteister het.