Nuuskommentaar: Ons gaan onsself moet help

President Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

President Cyril Ramaphosa het gister die nuwe Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) aangekondig. Hierdie fonds het ten doel om die sukkelende toerismebedryf te help oorleef. Dit gaan egter uitsluitlik ondernemings in swart besit bystaan. Dit beteken dat ondernemings in wit besit geen hulp van die regering se fonds gaan ontvang nie.

So veragtelik soos wat dit is, so voorspelbaar was dit seker ongelukkig ook. Hulp in die toerismebedryf was van die begin van die pandemie af omstrede. In die beginfase van die pandemie is ook voorkeur vir lenings aan swart ondernemings gegee. Ook het die regering onlangs aangekondig dat swart ondernemings voordeel sal trek uit die kontrakte wat uitgedeel moet word vir entstofverspreiding.

In sy kort toespraak oor dié aankondiging het president Ramaphosa 11 keer die woord “transformasie” gebruik. Ramaphosa het verduidelik hoe die regering nie net die toerismebedryf wil help herstel nie, maar dat dié bedryf ook dringend moet transformeer. Sodoende word die oorlewing van alle besighede in die toerismebedryf ingeboet vir die regering se rasse-transformasie.

Die toerismebedryf is amper uitsluitlik in die toestand wat hy nou is weens die regering se lamsakkigheid. Eers het hulle die volledige bedryf met ʼn sentrale strategie van beheer versmoor. Daarna het hulle heeltemal te laat weer die bedryf oopgemaak. Hoewel die bedryf in Desember aanvanklik oopgestel is, het die regering die bedryf nie genoeg tyd gelaat om vir die vakansie te adverteer en voor te berei nie. Daarna is strande gesluit, wat waarskynlik die laaste spyker in die doodskis was.

Sodoende is die regering verantwoordelik vir die skaal van verliese wat dié bedryf die afgelope jaar gely het. Die pandemie sou altyd skade aanrig, maar nooit soveel soos wat die regering het nie.

Nou, nadat die regering aktief die bedryf gesaboteer het, diskrimineer hulle openlik en eintlik met trots teen wit mense. Mense wat deur dieselfde ongeluk, inperkings en finansiële hel is as ondernemings in swart besit. Dit maak egter nie saak nie – aangesien hulle wit is, verdien hulle bloot nie dieselfde medelye of ondersteuning van die regering af nie. Dit is ʼn skreiende skande. Regtig.

Dan wonder mense steeds waarom ons onsself help. Talle mense is steeds gekant teen die gedagte daarvan dat wit mense en Afrikaners spesifiek aan hulle eie kant is. Soos Max du Preez onlangs in sy belydenis opgemerk het, is hy steeds gekant teen die feit dat die Solidariteit Beweging op Afrikaners fokus. Dit ten spyte van die feit dat hy wel die meriete van die Beweging se selfbestuurplanne raaksien – daar moes volgens hom net eerder ʼn beweging vir alle Suid-Afrikaners wees.

Afrikaners vandag mag hulself help omdat dit eintlik wêreldwyd die norm is. ʼn Mens gaan nooit die hele wêreld kan red nie, maar ʼn mens mag na jou eie gemeenskap omsien. Ons regering bedryf tot hulle eie voordeel ʼn narratief waarin dit verkeerd, rassisties en onderdrukkend is vir Afrikaners om net met hulle eie hulpbronne na hulle eie mense om te sien. In die wêreld is dit eintlik normaal vir kultuurgroepe om na hulself te kyk.

Ook móét Afrikaners vandag na hulself omsien uit noodsaak. Indien ons nie onsself gaan help nie, gaan niemand ons help nie. Die regering is, soos dit uit Ramaphosa se opmerkings blyk, steeds aktief gekant teen wit mense. Hulle stel geensins daarin belang om ons te help nie. Hulle wil ons ook nie eers uitlos nie.

Verder is daar ʼn aktiewe antagonisme teenoor Afrikaans in die openbaar. Selfs daar waar Afrikaans net gelyke erkenning en status wil geniet, word dit ten beste verdra en ten slegste aktief uitgewerk. Dit is nie net in die openbare sfeer nie – selfs in die private sfeer word instellings soos Sol-Tech oor hulle Afrikaanse taalbeleid geteiken en as rassiste uitgekryt.

In die openbare sektor word ons verdruk en in die private sektor benadeel deur grosse regulasies wat tot ons nadeel strek. Buiten vir dié werklikhede, strek die populêre anti-wit- en anti-Westerse narratief van die dag ook tot ons nadeel. Sodoende moet ons die hulpbronne en kapasiteit wat ons wel het, gebruik om na onsself om te sien.

Dit kan baie maklik soos ʼn relaas van selfbejammering klink. Dit is egter nie. Dit is nie net irriterend nie, maar ook uiters ondoeltreffend om in ʼn bodemlose put van selfbejammering te sit. Dit is ongelukkig net die raamwerk en omstandighede waarmee ons sit.

Die een opsie is dus om aan dié omstandighede oor te gee, polities korrek en gehoorsaam te bly en uiteindelik kultureel te vergaan. Die regering gaan beslis nie ons kultuur beskerm, ons ekonomies help of maatskaplik ondersteun nie. Indien ons nie aktief die hoër funksies van Afrikaans bewaar nie, gaan dit stadig, maar seker uitsterf. Indien ons nie vir onsself private kulturele spasies gaan skep nie, gaan ons nêrens hê om ons kultuur saam uit te leef nie. Indien ons nie ekonomies in onsself belê nie, gaan ons net volledig irrelevant verklaar word.

So kom ʼn mens by die ander opsie. Dit is beslis die polities inkorrekte opsie, maar dit is ook die enigste opsie wat sal lei tot die beskerming van ons taal, kultuur en gelyke burgerskap. Dit is die opsie waaroor Max nie so mal is nie. Wat hy egter versuim om te verstaan, is dat hierdie opsie absoluut uit noodsaak gekies word. Dit was waarskynlik nie talle mense se eerste opsie nie. Gegewe die antagonistiese omstandighede en die regering se algehele verval en ondoeltreffendheid is dit waarskynlik die enigste werkbare opsie wat oor is.

Indien ons nie onsself gaan help nie, gaan niemand nie. Daarom hoef ʼn mens ook nie skuldig te voel om in jouself, jou kultuur, taal en gemeenskap te belê nie. Daar gaan altyd mense wees wat dink dat dit uitsluitend, onderdrukkend en rassisties is. Die werklikheid is egter dat jy regtig aan jou eie kant mag wees. Jy mag regtig na jouself en jou eie gemeenskap omsien. Jy mag skenkings aan Afrikaanse of Afrikaner-gemeenskapsorganisasies, -ouetehuise, -kinderhuise en -liefdadigheidsorganisasies maak sonder om skuldig te voel.

Ons móét na onsself omsien – en ons mag ook trots daarop wees om op onsself staat te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

JohanR ·

WOW jy kan nie glo dat hierdie soort ding nog in die wereld gebeur nie. Dink net as Engeland se hulle gaan net die Pakistanie en Indier tourisme bedryf hulp? Is tyd om sonder die ANC klaar te kom. Boer hulp jouself.

Marie ·

President Ramaphosa doen ons eintlik ‘n guns met sy duidelik rassistiese aanslag en diskriminasie teenoor wit en bruin werkgewers in die toerismebedryf.
Ons sien nou glashelder hoe belangrik dit is om mekaar te help, want niemand anders gaan ons help nie.
Ons leer nou om mekaar te ondersteun en sal weer bo uitkom, dit is in ons bloed om hard te werk en ‘n sukses te behaal. Dit is hoekom almal jaloers is op ons sukses.
Ons wys nie swakheid deur aalmoese te ontvang nie.
ONS SAL SELF.

Christo ·

Ek stem. ONS SAL SELF. As Cyril dink hy en sy kaders gaan ons van spoed af bring, het hy nog baie om te leer. Sol-Tech was die begin. Akademia is goed op dreef. En ander terreine gaan volg. Marie se kommentaar is musiek in my ore. Meer welvarende Afrikaners, wit en brein, moet innoverend en kreatief optree om werk te skep. Daar is nog baie mense oor 60 wie nog wil werk. Baie dankie vir genade en goeie gesondheid! Baie dankie Monica Mynhardt, uitstekende artikel!

Broslo ·

OSS Projekte (Ons Sal Self)
BEB Besighede (Blanke Ekonomiese Bemagtiging)

Adam Adriaan ·

Hoof nar van die sirkus. en dan wil hy voorgee dat hy die bestuurder van die sirkus is

Hennie J ·

Ons is net goed genoeg as dit hom behaag. Huigelaar en tweegatjakkals.

Dup ·

Die regering en sy kader meelopers is eintlik heel JALOERS op wat “ons” regkry met hardewerk,breinkrag,inisiatief en entrepeneurskap.Daarom die daaglikse giftige,rassistiese en militante uitsprake en intimidasie teenoor blankes.

Snuffelgids ·

Geagte Cyril. Dankie vir die ekstra huiswerk wat jy my gee. Weet maar Dat ek dit verseker sal doen, ek sal seker maak ek ondersteun die mense wat jy nie wil ondersteun nie. Ek sal goed kyk aan wie n plek behoort voor ek my geld iewers spandeer. Ek ondersteun my mense… Nou eksklusief!

Alet ·

Absoluut. Ek is lankal op daai een van ek ondersteun selektief Suid Afikaans.

Broslo ·

Ek stem 100% saam Piet.
“Broad-Based White Economic Empowerment (BBWEE)”
Ek dink ons belasting geld is die moelike rand om terug te hou… Dis my grootste enkel uitgawe elke maand reguit vir die anc…

Tertius ·

Moenie te veel tyd mors om weer oor Max Du Preez en sy anti afrikaner sentimente of sy sienings te skryf nie. Soos die skrywer uitwys, al wie na afrikaners gaan kyk, is afrikaners.

Snuffelgids ·

En dankie, ons word Nader aan mekaar gedruk… En ek hou van MY mede mens!

Johan ·

ONS SAL SELF. Ons kan en gaan self weer bo uitkom. Kom ons gee ons geld en steun aan instansies soos Afriforum en Solidariteit. Onthou NP van Wyk Louw se woorde “Dat ons nie kon gebreek word soos hul geweld dit wou, maar dat ons hoog kon lewe, net aan ons bloed getrou.”

Alet ·

Ons kan almal selektief Suid Afrikaans ondersteun. Dan sal ons sien hoe lank trek daai selektiewe ondersteuning van die regering en die res sal weer blom soos hulle ondersteun word. As almal met kan saamwerk.

Lucille ·

Stem 100% saam hier. Die regering en sy selektiewe ondersteunig sal in hul hande huil. Dus so verkeerd wat hulle hier doen.

Natasha ·

Wanneer verlaat die Wes-KAAP SA? Kan nie wag vir daai dag sodat ons ontlsae kan wees van die nitwit nie!

Werner ·

Hierdie se ook maar net wie se goed gevat gaan word wanneer die onteienings wet goedgekeur gaan word

gpsa ·

Ons behoort ‘n lys te kry van die besighede wat dan wel gehelp word, sodat ons hulle kan vermei en besigheid met die doen wat nie hulp kry nie.

NEO ·

En dit word gedoen met belasting geld waarvan ‘n groot gedeelte deur Afrikaners betaal word.

Broslo ·

As ons nie ‘n teenoorgestelde “boycott” handhaaf nie sal ons bly seer kry. Die klomp sal bly skop terwyl jy onder is.
Kies by wie jy koop.. ons geld en kennis kan groot ń verskil maak.

Die een ding wat ek beslis weet is dat ek nie die anc of enige van sy trawante kan vertrou nie. Dis een lieg storie na die ander..

annie ·

Alles so waar Sus Monica, maar ons sal regtig moet besluit wie onder Afrikaners tel. Alle Engelssprekendes is sowaar nie Engelse nie, dit sal die queen plegtig beaam. En met sekere Afrikaners wat nou slinks Afrikaanses byvoeg, sal die besluit weldra geneem moet word. Ons moet daarvan vergeet dat taal-getalle die deurslag gaan gee, want soos die Bybel sè, daar kom ‘n dag dat elkeen na sy eie land sal vlug.

Arie Gerhardus ·

Wat is die verskil tussen die anc en die apartheids regering? Die NP het die land baie beter bestuur en dus was almal beter af

KB ·

Die blanke en dan ook die Afrikaner help homself al lankal (te midde van CR en sy ANC se diskriminerende miskenning vd Grondwet van SA). Hy is maar net 26 jaar al vas aan die slaap. Dis tyd dat hy en sy kaders wakker word!

Eragrostis ·

Blankes se belasting is baie welkom tot die staatskas, maar dit word van hulle weerhou in tye van nood. Is dit dus geregverdig om die stelling te maak dat ons nie meer belasting moet betaal nie, of eerder nog, anders aan te wend?

Pieter ·

Maar die blankes se belasting geld is goed genoeg. Die blankes is goed genoeg om vie our people werk te gee. Ons blankes moet wakker skrik en baie gou ook. Dan het die siek ANC nie ons belasting geld nodig nie.

Lourens ·

Ek skenk net geld aan kinderhuise wat WIT kinders huisves. Ek koop net by Wit winkeleienaars. Ek ondersteun net besighede wat my in Afrikaans bedien. Cyril (hy verdien geen titel nie) maak dat ek n rassis is. Punt.

Robbie ·

Hulle is wel lief vir ons belastingbydrae, want dit is grotendeels ons geld wat die meeste van hulle aan die lewe hou. Ons bydrae is ook die suurstof wat hulle nodig het om as ‘n regime te bestaan. Sonder ons belasting sal hulle ondergaan en sal hul utopie van ‘n swart paradys inmekaarsak.

Renee ·

Skrikwekkend ek dink ons moet aan die hele wereld hierdie stuur sodat almal kan sien wat gaan in Suid Afrika aan verder word daar aan die wereld n’ ander storie vertel soos dat daar geen plaas moorde is nie. So magsbeheb wat hulle is net sulke leunaars is hulle. Die begin was die sogenaamde BEE wat alle besighede moet he maar nou word alles van ons weerhou. Skande

Janc ·

Dis nou juis my probleem met die ANC. Cyril het “almal” se belange op die hart gedra toe hy sy plek ingeneem het as President van SA. Hy het SA in geheel valse hoop gegee dat hy dinge kan verbeter. Dit is duidelik dat hy niks beter is as die ANC self nie. As ek nie goed genoeg is nie Cyril, is my geld ook nie goed genoeg nie. Dis hier waar ons die streep moet trek want hoeveel gaan ons nog opvreet????? Ons word openlik beroof van ons vryheid en ons geld. Ons word beroof om tot ons volle potensiaal te funksioneer met hierdie staat.

Hendrik ·

Ek kan nie glo wat ek hoor of sien wat ek lees nie.
Die President van Suid Afrika wat sulke aankondigings maak.
Die President is die een wat rassisme moet teenstaan, blaas dit aan!!! Die President wat korrupsie moet teen staan blaas dit aan!!! Die President wat harmoenie in Suid Afrika moet bevorder blaas haat aan!!! Die President wat gesien het wat in Zimbabwe gebeur het met Mugabe, bevorder dieselfde in Suid Afrika!!!
Mense maak oop julle oe!!! Die pPresident saam met sy party die ANC moet uit gelig word!!! Ons moet ‘n regering kry wat nie korrup is nie!!

Psyggie ·

Dit is mos presies wat die agbare President doen, hy kyk na hulleself.
Daarom voel ek geensins skuldig om die een organisasie wat na my wil omsien, te steun nie.

John ·

Wel…dis nou maklik….ons vind uit watter toerisme bedryf hoort aan wie en kies dan waar moontlik ons eie mense…..sommige plekke, as jy dit eenkeer gesien het, het jy dit vir altyd gesien maar as dit deur ons mense bedryf word sal daar gasvryheid wees..

Cd ·

Die blanke se geld, landbouprodukte,kennis en tegnologie is goed genoeg.
Is daar inligting beskikbaar oor blanke besit van besighede wat ons kan ondesteun?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.