Nuuskommentaar: Schweizer-Reneke in die drukkoker

Nog ʼn foto wat op dieselfde dag in die klas geneem is waar gesien kan word hoe swart en wit leerders by mekaar sit. Foto: Twitter

Die afloop van die Schweizer-Reneke-saak gaan ’n belangrike toets wees of Suid-Afrika ’n grondwetlike demokrasie én ’n regstaat is, of ’n gekweste grondwetlike demokrasie en rasgedrewe diktatuur van die meerderheid. ’n Petisie aan die president om self toe te tree om ’n regverdige afloop te fasiliteer is dalk meer aangewese as ’n regsaak.

Met die gebeure die afgelope ruk in Schweizer-Reneke word ’n aantal terme rondgegooi asof dit alledaagse terme is. Hieronder tel woorde soos boendoehof, trauma, menswaardigheid, rassisme, en meer tegniese terme soos regstaat en grondwetlike demokrasie. Een van die belangrikste regsbeginsels, die audi alteram partem-reël (die reg om jou kant van die saak te stel), word selde of ooit by sy (Latynse) naam genoem.

Die begrippe regstaat en grondwetlike demokrasie word ingespan asof dit sinonieme is. Die vakkundige debat hieroor het min of meer saamgeval met die wegval van die woorde “regstaat” uit die 1994-oorgangsgrondwet. Sommiges, veral die leke, meen die twee begrippe is sinoniem, terwyl ander skynbaar vlieë vang om op die verskille in die twee terme te wys. Maar oor wat die verskille sou wees, is daar nie altyd konsensus nie, wat die kwessie bemoeilik.

Om ter wille van die kwessie onder bespreking, die sogenaamde “rasse-insident” op Schweizer-Reneke korrek te beoordeel word grondwetlike demokrasie beskryf as ’n staat wat deur ’n grondwet (gewoonlik in een dokument op skrif gestel) gerig word. Die regstaat is wanneer veral die regeringshoof en sy kabinet hulle in die praktyk hou by die letter en gees van die grondwet, en ook die oppergesag van die reg.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma was ’n uitstekende voorbeeld van iemand wat die regstaat geminag het (en tog knaend die howe opgesoek het). Hy het dikwels sy frustrasie met die howe en die Grondwet uitgespreek omdat dit die meerderheidswil (volgens hom) frustreer het. Hy het dus oënskynlik die tirannie van die meerderheid gesteun. Met die fokus op staatskaping het dit ook duidelik geword dat Zuma “meerderheidswil” as sinoniem beskou het van die beskerming en bevordering van sy eie (onwettige) belange.

Of ’n land ’n regstaat is of nie word dus nie soseer bepaal deur wat op skrif staan nie, maar hoe die grondwet in die praktyk neerslag vind. As dit so erken en verstaan word, druip die regering tot dusver met lof die Schweizer-Reneke-geval. En daar is groot rede tot kommer.

Gewoonlik beteken dit dat die meer liberaalgesindes sterk klem lê op die vryheid van uitdrukking en spraak. In die praktyk beteken dit gewoonlik dat die meer konserwatief ingesteldes groter klem op die reg op waardigheid probeer plaas. Dié twee regte staan dikwels vierkantig in mekaar se pad.

Maar speel die regsbeginsels in hierdie geval enigsins ’n rol? Lê rassisme nie maar aan die wortel van die beoordeling van wie reg en wie verkeerd was/is nie by die persoon wat so hardvogtig oordele vel nie? Is dit nie in pas met die ingesteldheid van die Menseregtekommissie wat skynbaar voel ’n swart mens kan “per definisie” nie ’n rassis wees nie. Dan word, soos in die Wits-geval, beoordeel dat swart studente wat T-hemde dra waarin bepleit word dat wit mense moet sterf, bloot hul reg op uitdrukking benut, en wit mense met selfs veel minder kru bewoording erg as rassiste veroordeel?

Voortspruitend uit die 1994-oorgangsgrondwet wat bepaal het dat prima facie-bewyse (met die eerste oogopslag) voldoende is in gevalle van beweerde rassisme, het die howe hierop uitgebrei. Die konstitusionele hof het in ’n meerderheidsuitspraak teen AfriForum en in die guns van die Tshwane-metroraad beslis in ’n appèlaansoek oor die voortydige verandering van straatname. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in die meerderheidsargumente hom op erg vereenvoudigde en eensydige uitlegte van die geskiedenis beroep om AfriForum se beroep op die aanhef van die Grondwet van die tafel te vee. “Toevallig” is die meerderheidsuitspraak deur swart regters gesteun, en die minderheidsuitspraak deur wit regters. (CITY OF TSHWANE METROPOLITAN MUNICIPALITY Applicant and AFRIFORUM First Respondent EVERT VAN DYK Second Respondent21 Julie 2016 – lees hier.)

elana-barkhuizen-saam-connie-en-dirk

Elana Barkhuizen lees haar verklaring op ‘n mediakonferensie voor aan die media. Saam met haar is (links) Connie Mulder van die Solidariteit Navorsinginstituut en dr. Dirk Hermann (regs) bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

In die Schweizer-Reneke-geval is dit duidelik dat ’n regverdige uitspraak alleen verkry kan word deur die beste regslui in te span, en hiervoor het die vakbond Solidariteit tot die kryt toegetree. Belangriker waarskynlik is dat die onderwyseres se eie mense oorweldigend ter ondersteuning toegetree het, onder meer deur gebed.

Die uiteinde van dié saak sal bepaal of Suid-Afrika (nog) op die begrip van regstaat kan aanspraak maak.

Maar is dit nie dalk weens die trauma wat kinders beleef en die politieke ontaarding van hierdie geval beter dat die president tyd afstaan en persoonlik op Schweizer-Reneke intree en deur versoening reg en geregtigheid laat geskied nie? Sou so iets nie baie paslik wees in die lig van die president se grondwetlike ampseed van in die beste belang van al die land se mense op te tree nie? Kan die land die risiko bekostig dat die hoofregter weer, soos in die Tshwane-AfriForum saak ’n politiek-gemotiveerde vloermoer gaan uitpak?

’n Petisie in die vorm van ’n ope brief aan die president is dalk nou aangewese.

En gebede vir die onderwyseres, asook ander vorme van steun, sal ook waardeer word.

Uit leserskommentare is dit duidelik dat hierdie kwessie moeilik sonder groot komplikasies gaan afloop.

Dit stel ook ’n toets aan politieke partye met die oog op die komende algemene verkiesing. Die DA moet nog reageer op medianavrae nadat sy jeugleier skynbaar die boendoehof-uitspraak gesteun het. Ook in die geval van die Kleinfontein-optog moes senior leiers van die DA die jeugleiers daarop wys dat Kleinfontein streng by grondwetlike vereistes hou.

Baie mense neem steeds die standpunt in dat Suid-Afrika die beste grondwet ter wêreld het, maar dis absoluut irrelevant as dit nie deur ’n regstaat onderskryf word nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
CATHERINE

My hart bloei vir die onskuldige juffrou. Onderwys is n tawwe beroep. Bly ek nie meer onnie nie. …. ander kant v saak word min gehoor. Daar word net “rassis” geskree. My advies aan Elana….gaan hou skool waar jy waardeer word en waar mense besef waarom sekere metodes in klas gebruik word. Eintlik net die kinders way daaronder my terwyl die ouers skree, gil en afbreek. How tragoes

Anoniem

Gebed en geloof kom eerste ! Regverdigheid en dan verhoudingbou om sodoende vorentoe te beweeg ! Los kinders dat hulle net kinders kan wees ??? Sterkte vir al die rolspelers

Anoniem

Elana Sterkte, God is met Jou ???

koos

MAAR hierdie gebeure kan ook positief wees. Ek is bitter jammer vir Elana, en glo sy sal met baie genade en ondersteuning weer kan opstaan. Die positiewe wat ek hierin sien, en ja dit is bitter min, is dat dit voor ‘n groot verkiesing gebeur het, en dat politieke partye hulle ware kleure gewys het. Die ANC, EFF, DA en sommige andere het gewys hulle het geen respek vir ons as blankes het nie, en dat hulle nie aan enige regsbeginsels steur nie. Hoe kan ons van hulle verwag om ‘n land te bestuur. Ander politieke partye (hier ek staan… Lees meer »

Paul

Ek het ‘n idee as Cyril Ramaphosa, wat die pas van verdagmakery teen die wit mense aangee en ‘n aansporing vir die opruiery vir die ANC se jeugliga en die EFF teen die blankes is stop, waaraan die DA nou en dan lustig in hul uitsprake van rassisme meedoen, sal ons dalk ‘n normale land kan raak. Maar, ek wil my verstout om te sê CR sal nie by die Schweizer-geval betrokke wil raak nie, anders duik hul aanklagte en verdagmakery in die algemeen teen wit mense in die hek en wie blameer hulle dan vir die treurmare van die… Lees meer »